Copy
Welkom by Desember 2020 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

APAC-maatreëls nou in werking

Die Landbouprodukte Agenteraad (Agricultural Produce Agents Council - APAC) se biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente het in werking getree met ingang 13 November 2020 soos gepubliseer in die Staatskoerant.

Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie verwelkom die publikasie van die biosekuriteitsmaatreëls aangesien dit sal bydra tot die afname van dieresiektes in Suid-Afrika. Die reëls is van uiterste belang aangesien die uitvoer van rooivleis toeneem en plaaslike verbruikersekerheid ook bevorder kan word met behulp van die maatreëls.

Lees meer ...

Klimaat-advies vir die 2020/21-somerseisoen


Volgens die seisoenale klimaatvooruitskouing wat deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik is, word daar dié somer bogemiddelde reënval in die somerreënvalgebiede verwag.
 
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkelling rapporteer dat intra-reënvalgebiede ‘n aansienlike hoeveelheid reën ontvang het. Die lente is afgeskop met omvangryke reënval in gedeeltes van die somerreënvalgebiede, veral in die noord-oostelike en suid-oostelike gedeeltes van die land. Die veld- en lewendehawe toestande wissel van redelik tot swak in die meeste gebiede. Die gemiddelde damvlakke van die grootste damme het in die meeste provinsies toegeneem.
Lees meer ...

Soldate help om veediefstal te voorkom


Soldate wat ontplooi is om die grense van die Vrystaat te beskerm, het in Oktober 232 eenhede vee teruggevind in lyn met ‘n toename in die aantal veediefstalsake sowel as plaasaanvalle wat naby die Lesotho-grens aangemeld word.

Veediefstal is al vir ‘n geruime tyd ‘n probleem vir die boerderygemeenskappe in die omgewings van Ficksburg, Fouriesburg, Ladybrand, Wepener en Zastron, wat aangrensend aan Lesotho is.

Statistieke vir Oktober wat deur die Gesamentelike Operasie-afdeling van die SA Nasionale Weermag vrygestel is, toon dat die soldate op die Vrystaat-grens 93 beeste en 139 kleinvee (skape en bokke) teruggevind het.

Die enigste ander provinsie waar gesteelde vee teruggevind is, was die Oos-Kaap, wat ook aan Lesotho grens.

Bron : https://www.defenceweb.co.za/featured/soldiers-help-prevent-livestock-theft-along-sas-borders/

Namibiese veebedryf steier weens droogte


Die verkope van beesvleis in Namibië het tot dusver vanjaar met 31% gedaal vergeleke met dieselfde tydperk in 2019, ondanks die feit dat die produsenteprys van slagbeeste met 2% gestyg het en dié van speenkalwers met 39% gestyg het.

G
evolglik het uitvoere van speenkalwers tussen Januarie en Augustus jaar-op-jaar met 49% gedaal, volgens die Namibiese Vleisraad.  
Speenkalwers is tradisioneel vir 63% van Namibië se beesuitvoere verantwoordelik. Die huidige situasie word toegeskryf aan ‘n daling in voorrade en ‘n toename in die vraag na diere vir slagtingsdoeleindes.  

Die raad se statistieke toon aan dat totale skaapverkope tussen Januarie en Augustus ook met 56% gedaal het, hoewel produsentepryse met 20% gestyg het.
   
Jacque Els van die Namibiese Stoettelersgenootskap sê die daling in die kommersiële- en stoetveeproduksiebedrywe is die gevolge van die meedoënlose droogte waaraan die land tydens die afgelope dekade onderwerp word. Sommige stoettelers in die suidelike gedeeltes van die land het tot op datum soveel as 90% van hul kuddes verloor.

Bron : https://www.farmersweekly.co.za/agri-news/africa/namibian-livestock-industry-devastated-by-prolonged-drought/

Skaapvleis-bemarking hou tred met verwikkelinge


Lamb and Mutton SA het sy verbruikersopvoedingsprogram gewysig om by die grendelperiode aan te pas met baie groter klem op radio en aanlyn as die gedrukte media.
 
Vir ‘n volledige verslag, besoek die webwerf http://www.cookingwithlamb.com/

Stewige vleispryse dui op duur braai in Desember


Met Kersfees nie ver weg nie, dui die huidige neiging in vleispryse daarop dat dit duur gaan wees om tydens die feesseisoen te braai, volgens FNB.

 
Die seisoenale aanvraag vir vleis bly stewig en weeg swaarder as die relatiewe hoër slagkoers in die lewendehawebedryf, wat normaalweg tot laer pryse sou lei weens die verhoogde beskikbaarheid van die produk. Die tempo van veeslagtings is tans relatief stewig met slagsyfers van beeste, skape en bokke wat heelwat hoër as 2019-vlakke is.
Lees meer ...

Neigings in die lamprodusenteprys


Die produsenteprys van Klas A2/A3-lam was altesaam 1,8% hoër tydens die week van 13 November vergeleke met die vorige week, volgens AMT.

 
Die prysstygings kan grootliks toegeskryf word aan ‘n hoër vraag in die middel van die maand. Die prys was 3,4% laer vergeleke met ‘n maand gelede en jaar-op-jaar was dit 30,1% hoër. Vir die onmiddellike toekoms sal die pryse van A2/A3’s na verwagting sywaarts/afwaarts beweeg.
  
Lees meer ...

Perspektief


Die lewensduurte van geërodeerde- en beskermde gronde, met spesiale verwysing na herlewingsgewasverbouing.

Gronde is die boustene van die gesondheid en lewensverwagting van die mensdom. Gronde is krities as basis van voedselproduksie, as bergruimte en filtreerder van waterbronne, die grootste bergruimte van koolstof en ‘n platvorm vir ontwikkeling. Die druk op die grondhulpbron neem toe soos wat voedselbehoeftes styg en die hulpbron degradeer.
Lees meer ...

Desember 2020

Veldtog geloods om inenting teen brucellose te bevorder


KwaZulu-Natal (KZN) ondervind tans ‘n kommerwekkende uitbreking van brucellose.

Dit is ‘n siekte wat deur diere oorgedra word en tot aborsies, onvrugbaarheid, verminderde melkproduksie en swak gewrigte in beide vee en mense lei. Meer as 400 koeie in die noorde van die provinsie het vanjaar positief vir die siekte getoets.
Lees meer ...

Groot kommer oor Namibië se bek-en-klouseer-heining


‘n Uitbreking van bek-en-klouseer in die gedeelte suid van die Namibiese veterinêre heining het die potensiaal om dié land se veeproduksiebedryf heeltemal te vernietig, sê Thinus Pretorius, voorsitter van die Namibiese Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO).
 
Die toestand van die veterinêre heining is daarom ‘n groot bron van kommer.
  
Ná ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in Kavango-oos en Kavango-wes in Oktober, is die instandhouding van die heining in die noorde van die land van kritieke belang. Volgens Pretorius verdeel die heining die land in ‘n veterinêre buffersone en ‘n veterinêre waarnemingsone.
Lees meer ...

Molekulêre handtekening van sagte beesvleis onthul


‘n Baanbrekersanalise het gelei tot die publikasie van die wêreld se mees robuuste stel van biomerkers en belangrikste molekulêre riglyne in terme van die sagtheid van beesvleis.
 
Die studie wat deur Ierland se Landbou- en Vleisontwikkelingsowerheid onderneem is, het ook belangrike insae gebied in die verband tussen verskillende roetes en prosesse in die spiere, wat van kardinale belang is by die produksie van hoë gehalte beesvleis. 
Lees meer ...

Bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië versprei

 ‘n Tweede uitbreking van bek-en-klouseer het in Namibië voorgekom - ‘n maand ná die hoogs aansteeklike siekte in die noorde van die land gediagnoseer is, volgens dié land se Minister van Landbou.

Die siekte, wat geen invloed op mense het nie, maar wat letsels en lamheid in beeste en ekonomiese skade veroorsaak, is eerste teen die einde van September in die Ndiyona-distrik in die noordelike gedeelte van die oostelike Kavango ontdek. Dit het nou na die aangrensende westelike Kavango-streek en die Shighuru-nedersetting versprei, wat ook deel is van die oostelike Kavango-strek.
Lees meer ...

Dié dieresiektes in Suid-Afrika aangemeld


Die volgende verslae van dieresiektes is ontvang van veeartspraktyke, volgens die maandelikse verslag van veesiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veeartse wat aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) behoort.
 
  • Eksterne parasiete – blou bosluise, weerstandige blou bosluise, hartwater-bosluise, bruin oorbosluise, bontpotige bosluise, rooipoot-bosluise, verlammende bosluise, steekluise, bloedsuiende luise, skaapbrandsiek, brandsiekmyte, lastige vlieë, muggies, muskiete, blaasvliegies, skroefwurm, uitpeuloogsiekte en neuswurm.
Lees meer ...

Neigings in die produsenteprys van speenkalwers en beesvleis


Tydens die week van 20 November 2020 was die gemiddelde veilingsprys van speenkalwers (200 – 250kg) R37,79/kg en R35,52/kg ná veilingskommissie, volgens AMT.

 
Die prys was 1,5% hoër vergeleke met die vorige week. Die toename was onder meer die resultaat van ‘n laer mielieprys en die verwagtinge van ‘n verdere daling in die komende maande.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa