Copy
Welkom by Junie 2018 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

 Kanker word deur verskeie faktore veroorsaak
 

Alkohol, verwerkte vleisprodukte en die inname van suiker verhoog die risiko van kanker, volgens die Wêreldkankernavorsingsfonds (WCRF) se derde deskundige verslag oor dieet, voeding, fisiese aktiwiteite en kanker, ‘n globale perspektief.

Die verslag bied ‘n omvattende analise van beskikbare wêreldwye bewyse oor die voorkoming en oorlewing van kanker by wyse van dieet, voeding en fisiese aktiwiteite. Die mees noukeurige metodes is in die projek aangewend en die verslag bevat ook die jongste internasionale kankervoorkomende aanbevelings. Verder verseker die verslag dat mense met die regte kennis toegerus is sodat die aantal sterftes wat deur voorkombare kanker veroorsaak word, beperk kan word.

Lees meer ...

Landbousektor red die land van ‘n resessie

Die landboubedryf het dit nie net in die afgelope jaar reggekry om te groei nie, dit het die land ook van ‘n tegniese resessie gered.
Dit was ondanks die feit dat slegs R6 807 biljoen in 2016 aan die sektor toegestaan is, een persent minder as vanjaar, het mnr Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye in sy begrotingsrede in die Parlement gesê.
Lees meer ...

Grondhervorming: die RPO se posisie

Die nasionale RPO het rooivleisprodusente se standpunt oor grondhervorming omskryf in ‘n voorlegging aan die konstitusionele komitee wat die wysiging van artikel 25 van die grondwet evalueer.
Wat vorige beleid en praktyke betref, erken die RPO dat die patroon van grondbesitting en gebruik in die verlede ongelyk en onregverdig was en bygedra het tot die huidige ernstige vlakke van armoede en ongelykheid in die algemeen en vroue in die besonder.
Lees meer ...

Gevalle van slenkdalkoors by skape bevestig

Slenkdalkoors is bevestig op een plaas in die Jacobsdal-distrik in die Vrystaat, volgens ‘n persverklaring deur die Rooivleisbedryfsforum.

Tot dusver is dit net die een plaas wat die siekte aangemeld het en verdere ondersoeke word deur die plaaslike veterinêre dienste uitgevoer.

Lees meer ...

Cleaver-toekennings aangekondig

Die beste slaghuise op nasionale- en streeksvlak is onlangs tydens die dertiende Cleaver-toekenningsgeleentheid aangekondig. Dit word deur Freddy Hirsch ondersteun. 
Die Cleaver-toekennings is in 2005 geloods om slaghuise se standaarde te verbeter sodat daar aan die verbruiker se behoeftes voldoen word. Dat dié mikpunt behaal is, word bewys deur terugvoering van verbruikers wat daarop dui dat die Cleaver-toekennings as ‘n waarmerk van gehalte beskou word. Slaghuise kan nie self daarvoor inskryf nie, maar moet deur hul kliënte genomineer moet word.
Lees meer ...

Veldtog in Britanje geloods om lewendige uitvoere te verban

Volgens ‘n meningstuk in "The Independent" is dit nie eers nodig om vegetaries of baie besorg oor dierewelsyn te wees om ‘n afsku in lewendige uitvoere te hê nie, aangesien die mees grusame en uitgerekte wreedheid betrokke is by uitvoere van lewendige diere.
Hoewel die aangeleentheid nie ‘n glansryke een is nie, is dit iets waarby elkeen betrokke behoort te raak.
Lees meer ...

Parasietprobleme neem toe

Weens die goeie reënval wat voorgekom het, is baie parasietprobleme oor die hele land aangemeld, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Boere behoort die vyf punt-beheerprogram te gebruik en hul plaaslike veeartse vir meer inligting te kontak. Die koue weer sal hopelik veroorsaak dat minder diere deur ringwurm besmet word.
Lees meer ...

Perspektief 

Alternatiewe benaderings in parasietbeheer: Besluite by ‘n werkswinkel.
Vir jare is parasiete in herkouers grootliks beheer deur chemoterapeutiese metodes. Omdat dit merendeels suksesvol was en omdat ontwikkeling van doseer- en ander middels onder privaatinisiatief is, was daar eintlik geen rede waarom die publiekesektor, insluitende die  UP Veeartsenyfakulteit te Onderstepoort, baie aandag aan navorsing in hierdie dissipline moes bestee nie. Gevolglik het die kapasiteit by hierdie inrigtings begin taan en die kundige wetenskaplikes het verouder.
Onlangs egter is daar met kommer kennis geneem van hierdie toestand, veral ook weens die wêreldwye en plaaslike toename in weerstand wat beide interne en eksterne parasiete begin toon het teenoor die middels op die mark.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share
Tweet
Forward
Veilings in Junie

Kommersiële en opkomende boere moet saamwerk

Volhoubare vennootskappe tussen kommersiële en opkomende boere met ‘n gevolglike wen-wen-situasie is krities om die potensiaal van die landbousektor en die land te realiseer, het mnr Sfisio Buthelezi, Adjunk-Minister van Landbou, Bosbou en Visserye tydens die landboubegrotingsdebat in die Parlement gesê.
Hy het gesê kommersiële en opkomende boere, die Regering en ander georganiseerde landbou-organisasies moet besef dat volhoubaarheid en vooruitgang nie in isolasie behaal kan word nie. Om saam te werk is ‘n moet, nie ‘n opsie nie.
Lees meer ...

Beskikbaarheid van OBP produkte

Onderstepoort Biologiese Produkte het bevestig dat die volgende produkte tans beskikbaar is:
Entstowwe teen Galsiekte, Antharax, Bloutong, Besmetlike Misgeboorte, Bloutong, Bloednier, B-Phermal 10-dosis, Besmetlike misgeboorte, Kalwerparatifus, Coryne, E. Coli, Hartwater, Leukopast Hartwater, Kalwerparatifus, Klem-in-die-kaak, Lamsiekte en Knopvelsiekte in verskillende doserings.

Beweging van wilde varke gaan beheer word

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se direktoraat dieregesondheid het ‘n konsep veterinêre prosedurele kennisgewing (VPN) vir die beheer van Afrika varkpes in Suid-Afrika vir kommentaar gepubliseer.
Ingevolge die konsep VPN sal die beweging van lewendige vlakvarke, bosvarke en wildevarke asook produkte en karkasse beheer word wanneer dit in of uit Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal en Gauteng beweeg word (Regulasie 20). Dit behels onder meer dat die diere wat geskuif gaan word, vooraf individueel geïdentifiseer en vir Afrika varkpes getoets word. Slegs diere en produkte met negatiewe resultate sal toegelaat word om geskuif te word.
  
Verder is dit ‘n vereiste dat die diere vir eksterne parasiete behandel word voordat hulle van een gebied na ‘n ander geskuif word. Dit is ook onderhewig aan die uitreiking van ‘n Rooikruis-permit deur die betrokke staatsveearts.

Plaaslike beeskarkaspryse sal hoog bly

Internasionaal mag Amerikaanse beesvleispryse oor die kort termyn verstewig omdat die verhoogde aanvraag die toename in produkte sal opneem, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik mag die laer voerkoste en die gebrek aan speenkalwers as gevolg van kuddebou daartoe lei dat karkaspryse nog vir lank hoog sal bly.
Lees meer ...

Marktoestande positief vir skaapvleispryse

Internasionaal ondersteun beperkte voorrade pryse steeds, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik bly lam- en skaapvleis die duurste vleis op die mark. Seisoenale omstandighede is tans nie bevorderlik vir braai nie en dit mag ‘n demper plaas op die vraag na bees, lam en skaapvleis. Stowesnitte is egter in die koue toestande meer gewild onder verbruikers.
Lees meer ...

Skaapvleis SA help verbruikers om porsiegrootes te verstaan

Die Wereld Kanker Navorsing Fonds het op die 24ste Mei 2018 ‘n verslag uitgebring genaamd “Diet, Nutrition, Physical Activity and Cancer: a Global Perspective”. Die advies aangaande vars rooivleisverbruik in die verslag is nie om rooivleis uit jou maaltye te verwyder nie maar om liewer porsiebeheer toe te pas en te bly by tussen 350g en 500g gaar rooivleis per week. Skaapvleis SA doen hul deel om verbruikers te help verstaan hoeveel rooivleis hul inneem met porsiebeheerveldtogte op die “Men’s Health” website, en in die Woolworths “Taste” tydskrif die maand, in die “Weg” en “Go” tydskrifte volgende maand en in Pick ‘n Pay se “Fresh Living” in Augustus.
Kyk na hul porsiebeheer inligtingstuk hier (pdf aangeheg).

Lees meer ...
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa