Copy
Welkom by April 2020 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Impak van die uitsluitingsaankondiging op die rooivleisbedryf

Die RPO ondersteun die drastiese maatreëls wat President Cyril Ramaphosa aangekondig het om die COVID-19 virus verspreiding te beperk.
 
Die RPO het kennis geneem dat landbouproduksie en spesifiek dan ook rooivleisproduksie in die 21 dae uitsluitingsperiode voortgaan. Die RPO aanvaar die maatreëls met die nodige verantwoordelikheid’, sê die voorsitter, mnr Koos van der Ryst.
Lees meer ...
Nuwe Red Meat/Rooivleis binnekort digitaal by jou
 
As jy gewonder het of jy te midde van die COVID-19-inperkingstyd nog steeds jou nuwe uitgawe van Red Meat/Rooivleis gaan ontvang, moenie vrees nie.
 
Al is alle kommersiële drukkers weens die 21 dae-inperkingstyd tydelik gesluit, sal die digitale weergawe van Red Meat/Rooivleis (Vol.11 No.2) op 9 April op die Agri Connect-webtuiste (http://www.agriconnect.co.za/red-meat-digital-magazines/) beskikbaar wees. Die uitgawe se hoofartikels sal ook op die RPO App gelaai word. Jy sal dus die hele tydskrif digitaal tot jou beskikking hê.
 
Wanneer die drukkers weer hopelik op 17 April aanlyn kom, sal die nuwe uitgawe opgelaai, gedruk en versprei word om teen einde vandeesmaand, en met opgedateerde nuus in Vleisflitse, by jou posbus of voordeur aan te kom. Dit is natuurlik as die 21 dae-inperkingstyd wel op 16 April tot ’n einde sal kom.
 
Dankie aan al die produsente wat, terwyl baie van die land veilig in hul huise sit en wag, steeds aan die werskaf is en die land se potte aan die kook hou!
 
Vriendelike isolasiegroete,
Die Red Meat/Rooivleis-span

Begrotings-toewysing verwelkom 


Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het met dank kennis geneem van die feit dat R495.10 miljoen toegeken is aan die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling om biosekuriteit en uitvoere te bevorder.
 
‘Die uitbreking van bek-en-klouseer verlede jaar was 'n groot terugslag vir die rooivleisbedryf en het veral uitvoere negatief beïnvloed’, sê mnr Koos van der Ryst, Voorsitter van die nasionale RPO.
Lees meer ...

Program om veediefstal te voorkom in Limpopo geloods

 
Die Provinsiale Kommissaris van die SAPD in Limpopo het opdrag gegee dat die gesamentlike poging om veediefstal te voorkom by wyse van uitreikingsprogramme dwarsdeur die provinsie geheraktiveer word omdat sporadiese voorvalle van veediefstal in verskeie gebiede aangemeld word.
 
Die tweede veldtog in sy soort is in Februarie in die Segole nedersetting aangebied, waar die volgende veiligheidswenke met die persone wat dit bygewoon het, gedeel is :-
  • Sien behoorlik om na jou veeregister.
  • Meld alle voorvalle van veediefstal onmiddellik by jou naaste polisiekantoor aan.
Lees meer ...

Groter voedsel-onsekerheid weens gebrek aan navorsing

 
Suid-Afrika het ‘n tweeledige voedselsekerheidstatus. Terwyl daar sekerheid op nasionale vlak is, is daar steeds baie huishoudings wat honger in die gesig staar weens ‘n gebrek aan kos.
 
Volgens Statistieke Suid-Afrika het 6,8 miljoen mense en ongeveer 1,7 miljoen huishoudings in 2017 voedselonsekerheid ervaar.
  
Daar is konsensus dat beleggings in landbounavorsing en -ontwikkeling die sektor help om produktiwiteit en mededingendheid te verhoog en die hele ekonomie so te bevoordeel. Spandering aan navorsing en ontwikkelling het egter oor die afgelope twee dekades agteruitgegaan weens lae begrotingstoewysings aan staatsinstelling soos die Landbounavorsingsraad (LNR).
Lees meer ...

Wetlike aspekte van brucellose beheer

 
Die hoofdoel van die Wet op Dieresiektes, No 35 van 1984 is om belangrike en gevaarlike dieresiektes te beheer. 
 
Hierdie wet en die regulasies daaronder bevat algemene bepalings, maar stipuleer ook spesifieke beheermaatreëls vir seker dieresiektes soos brucellose.
Lees meer ...

Voorlopige beesvleisprys-tendense vir die week van 20 maart en 13 maart 2020

 
Tydens die week van 20 Maart was die gemiddelde prys (ná veilingskommissie) R29,76/kg vir speenkalwers (200 – 250kg) en R31,66kg voor kommissie, wat 1,6% laer was vergeleke met die vorige week, volgens AMT.
 
 Die prys wissel tussen R27,26/kg en R31,50/kg. Die neiging word onder meer veroorsaak deur die onsekerheid wat in die mark deur die coronavirus veroorsaak word en die impak daarvan op verbruikersoptrede. Vergeleke met ‘n maand gelede het die prys in totaal met 5,4% gedaal, maar dit was jaar-op-jaar 11,4% hoër.
Lees meer ...

Perspektief


Omgewingsfaktore wat tussen-kalfperiode by Ngunikoeie beïnvloed

Die doeltreffendheid van reproduksie by koeie is uiters belangrik om die winsgewendheid van vleisbeesrasse te verbeter. ‘n Belangrike eienskap in koeivrugbaarheid en –produktiwiteit is die tussen-kalfperiode (TKP), wat die tydsverloop van een kalwing tot die volgende is. TKP het ‘n genetiese komponent, maar word ook beïnvloed deur nie-genetiese faktore soos voedingspeil, bestuur en die omgewing. Die na-kalwingsperiode, wat een van drie fases is wat TKP uitmaak, is kardinaal vir die herontwikkeling van ovariumaktiwiteit en die voorbereiding vir herkonsepsie.
Lees meer ...
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward

April 2020

RPO-standpunt oor die Corona Virus uitbreking 

"Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) ondersteun die regering se verklaring van ‘n nasionale ramp en die voorsorgmaatreëls wat getref is en sal sy bydrae lewer om die uitbreking van die siekte te beperk.

“Rooivleisprodusente kan ‘n wesenlike rol speel om die verspreiding van die virus te bekamp en ons het ‘n verantwoordelikheid om die aangeleentheid met die nodige erns te hanteer”, sê mnr Koos van der Ryst, Voorsitter van die nasionale RPO.

Die RPO is van mening dat byeenkomste nie gehou moet word indien dit teenstrydig is met die reëls om die siekte te isoleer of te beperk nie.

Lees meer ...

Rooivleisuitvoere herstel goed


 Die maatskappy Agri Inspec het die mandaat om invoere en uitvoere in die rooivleisbedryf te monitor.
D
ie goeie nuus is egter dat die uitvoere in Desember 2019, 3 499 ton was in vergelyking met die Januarie 2019-syfer van 1 450 ton.
Lees meer ...

Ooreenkoms met kleinboere geteken

 
Al Mawashi Suid-Afrika, ‘n filiaal van Al Mashawi, wat op die Kuweitse effektebeurs gelys is en een van die grootste internasionale lewendehawevervoer- en verhandelingmaatskappye in die wêreld is, het aangekondig dat ‘n ooreenkoms met Suid-Afrika se swart veeboere aangegaan is om hul skape op te neem.
 
Volgens berekenings maak die ooreenkoms voorsiening vir die voorkeurverkryging van tussen 25 000 en 75 000 skape teen ‘n waarde van tussen R30 en R90 miljoen oor die volgende drie jaar, op voorwaarde dat die boere aan die vereistes vir lewendige uitvoere voldoen.
  
Sedert Al Mawashi sy Suid-Afrikaanse werking in 2019 afgeskop het, het dit die grootste voerkraal in Suidelike Afrika gebou. Dit is 40 km van die Oos-Londense hawe af.
  
Die maatskappy het tot op datum 56 000 skape van Suid-Afrika bekom, vervoer en na Kuweit verskeep en in die proses is markverwante pryse aan 150 Suid-Afrikaanse veeboere betaal. Dit het op sy beurt ‘n ekonomiese inspuiting van ongeveer R155 miljoen in die Oos-Kaapse ekonomie tot gevolg gehad.

Namibië eerste van Afrika om Amerikaanse mark te betree

 
Namibië het die eerste Afrika-land geword om rooivleis na Amerika uit te voer ná 25 000 ton na Philadelphia uitgevoer is. Dit volg ná twee dekades van ‘n geredekawel oor veiligheidsregulasies en logistiek.
 
Die dorre suider-Afrikaanse land wat vir sy vrylopende, hormoonvrye beesvleis bekend is, sal in 2020 altesaam 860 ton beessnitte na Amerika uitvoer, waarna dit teen 2025 tot 5 000 ton sal styg.
  
Amerika is die land met die hoogste per capita-verbruik van rooivleis. Amerikaners neem gemiddeld 120kg vleis per persoon in, wat die land ‘n prima-uitvoerland vir rooivleis maak.
  
Ingevolge die ooreenkoms met Namibië sal ontbeende vleis en rou snitte in gevriesde of verkoelde vorm uitgevoer word.
Bron : https://bit.ly/2PiWotu

Navorsing wys rooivleis is nie sleg vir jou nie


Ná rooivleis in 1977 in dieetriglyne as sleg vir menslike gesondheid verklaar is, het die verbruik van rooivleis met meer as 26% gedaal. In dié tyd het verskeie navorsingstudies probeer om rooivleis met gesondheidsprobleme te verbind.

USA Today berig dat onlangse studies terugveg teen die negatiewe persepsies van rooivleis.

Navorsers wat ‘n nuwe verslag saamgestel het, het 61 studies geanaliseer wat oor die afgelope jare onderneem en vier miljoen deelnemers ingesluit het. 

Lees meer ...

Voorlopige produsente-prystendense vir lamsvleis vir die week van 13 maart 2020

 
Die produsenteprys van Klas A2/A3-lamsvleis was altesaam 0,9% laer tydens die week van 13 Maart vergeleke met die vorige week, volgens AMT.
 
Die afname in die prys kan hoofsaaklik toegeskryf word aan hoër oordragvoorrade in die mark weens ‘n swakker vraag na A2/A3’s. Die prys was 4,5% hoër as ‘n maand gelede en 10,8% hoër jaar-op-jaar.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa