Copy
Welkom by Mei 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Namibië kondig bykomende uitvoermaatreëls aan

Die Vleisraad van Namibië het aangekondig dat Namibiese lewendehawe wat bestem is vir Suid-Afrika vanaf 1 Mei 2017 slegs by die bestemming soos aangedui op die veterinêre uitvoerpermit afgelaai mag word, onderhewig aan die voorwaardes soos uiteengesit in die dieregesondheidsertifikate wat deur Suid-Afrika uitgereik is.
Lees meer ...

Bewusmaking van die predasie-probleem is nodig

Die Predasiebestuursforum (PMF) sal voortgaan met sy pogings om bewusmaking te skep vir die predasieprobleem. Bemarking sal gefokus wees op goeie praktyke en die feit dat dit op ‘n eerbare wyse uitgevoer word, is tydens die PMF se laaste vergadering besluit.
Die uitdagings met betrekking tot onwettige jag en rondloperhonde is ook bespreek, sowel as die identifikasie van munisipaliteite wat as ‘n loodsprojek gebruik kan word om die volgende te bereik:
  • Bewusmaking van jag as ‘n kommersiële bedryf teenoor jag as ‘n sosiale aktiwiteit. Die gemeenskap moet die impak van onwettige jag verstaan.
Lees meer ...

Beste slaghuise aangekondig

Die land se beste streek- en nasionale slaghuise is tydens ‘n middagete in Johannesburg aangekondig. Dit is bygewoon deur senior lede van die vleisproduksie- en handelsbedryf, finaliste, beoordelaars en die media.
Ses nasionale en 39 provinsiale slaghuise het vanjaar Platinum of Goue Cleaver toekennings ontvang. Meer as 30 000 openbare nominasies is tussen Oktober en Desember 2016 via SMS of aanlyn ontvang. Hiervan is 150 finaliste individueel en anoniem volgens ‘n 21 punt-kontrolelys beoordeel. Sommige finaliste het tot 99,8% behaal.
Lees meer ...

Moenie blinde aankope doen nie

As aankope by veilings gemaak word, is daar dikwels verwagtinge dat dit diereverbetering tot gevolg sal hê.
Geen boer wat sy sout werd is sal willens en wetens ‘n siek of besmette dier aankoop nie. Daar is egter ‘n groep siektes wat in skynbaar normale diere kan skuil en kopers maklik om die bos kan lei.
Lees meer ...

Baie insek- en bosluis-oordraagbare siektes aangemeld

Insek- en bosluisoordraagbare siekte was in oorvloed gedurende Maart, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).
Die volgende insek-oordraagbare siektes is aangemeld:
  • Knopvelsiekte.
  • Drie-dae-stywe siekte.
  • Bloutong.
  • Afrika perdesiekte.
  • Anaplasmose.
Lees meer ...

Perspektief 

Het ons vordering gemaak met koeidoeltreffendheid in beesvleis-produksiestelsels?
Die meeste van die kostes in koei-kalfproduksiestelsels het te make met koei-onderhoud en die produksiebehoeftes van dragtigheid en laktasie, en omdat die kalfgewig die hoofuitset is, is die verhouding tussen die kalf- en koeigewig ‘n maklike verstaanbare maatstaf van koeidoeltreffend. Natuurlik is daar meer omvattende maatstawwe wat meer faktore insluit, maar vir die doeleindes van hierdie aanbieding is die koei-kalfverhouding voldoende, maar bepaal oor ‘n aantal jare om vir jaarskommelings voorsiening te maak. Baie faktore beïnvloed koeidoeltreffendheid, insluitende koei-onderhoud, voedingsbehoeftes van dragtigheid en laktasie, kalfonderhoud- en groeibehoeftes, en kalfgewig.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Die vleisveiligheids-wet en sterte

In terme van die Vleisveiligheidswet, 2000 (Wet 40 van 2000) is die Wet baie voorskriftelik dat die stert nie deel vorm van die afval nie en vir dié rede moet die sterte aan die karkasse bly. 
Sterte word dus as sulks nie gespesifiseer en geklassifiseer onder die Wet as afval nie. Dit staan dus enige produsent vry om na die abattoir te gaan en hulle in kennis te stel dat aangesien die stert nie gespesifiseer is as afval nie, dit aan die karkas moet bly. 

Wetenskaplike assessering van predasie onderneem

Die Nelson Mandela Metropool Universiteit onderneem deur die Sentrum vir Afrika Bewaringsekologie ‘n wetenskaplike assessering van veepredasie in Suid-Afrika (PredSA).
Dit word gedoen in vennootskap met die Departement van Omgewingsake; die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye; Cape Wools en die SA Sybokhaarvereniging.
Lees meer ...

Verklaring van strategiese voorneme gepubliseer

Die Rooivleisbedryfsdag-werksgroep het ‘n verklaring van strategiese voorneme op sy webbladsy gepubliseer.
Die werkgroep bevestig sy benadering as ‘n ideaal-soekende konsensie uitspraak van gesamentlike belang in ‘n omgewing van piek organisasies. Sy benadering bly een van gesprekvoering met en deur alle organisasies binne die bedryf. Dit is nie die werkgroep se bedoeling om nog ‘n struktuur binne die rooivleisbedryf te ondersteun of te oorweeg nie. Enige potensiële implementering van struktuurverandering in die bedryf, indien nodig, behoort die resultaat van ‘n strategiese proses te wees wat saam met en deur die bedryf onderneem word.
Dié standpunt is ook uitgespreek in ‘n skrywe aan die Rooivleisbedryfsforum.

Nuut ontdekte navorsing bevind diervet kan cholesterol verlaag

Daar is ‘n jarelange opvatting wat in die publiek se bewussyn vasgesement is dat plantvet gesonde vet is terwyl diervet baie sleg is vir jou. Dit is waarom sommige vegetariërs heeltemal opgehou het om vleis te eet en baie dieetkundiges beweer dat avokado’s gesonder is as beesvleis.
Maar te danke aan ‘n dooie wetenskaplike wat ook ‘n opgaarder was, mag alles wat ons glo oor die teenoorstelling tussen die vet wat in groente teenwoordig is en die vet wat in diere teenwoordig is, in der waarheid ‘n leuen wees. Die onverwerkte bevindings van ‘n navorsingstudie wat byna 50 jaar gelede onderneem is en wat onlangs in die mediese joernaal BMJ gepubliseer is, “toon die voordele daarvan om poli-versadigde vette bo versadigde vette te kies is nie so seker as wat ons gedink het nie”, skryf Lenner Veerman, Senior Navorser by die University of Queensland.
Lees meer ...

Min voorrade ondersteun beesvleispryse

Internasionaal bied die verlaagde voorrade van Australiese en Nieu-Seelandse beesvleis ondersteuning aan pryse, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik lei laer voerpryse en die feit dat daar minder vee beskikbaar is daartoe dat pryse styg. Beesvleispryse is hoog weens dalende slagsyfers ná meer beeste gedurende die droogte geslag is. Die goeie reënval van die afgelope seisoen het groeitoestande verbeter en kuddebou aangemoedig, wat uiteindelik laer voorsiening van beeste tot gevolg het.
Lees meer ...

Skaapvleispryse bly hoog

Internasionaal hou die lae skaapvleisvoorrade en voortgesette lae voorrade markpryse hoog, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik is die vooruitsigte vir lam- en skaapvleis positief as gevolg van die hoë vleispryse en lae voerpryse wat die bedryf ondersteun. Die goeie reënval van die afgelope seisoen het groeitoestande verbeter en kuddebou aangemoedig, wat uiteindelik laer voorsiening van voorrade vir slagtingsdoeleindes tot gevolg het.
Die Nieu-Seelandse lamspryse was in die week van 19 April 2017 meestal hoër vergeleke met die vorige week.
Lees meer ...
Share
Tweet
Forward
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa