Copy
Welkom by November 2016 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Slagtings: die prentjie

Die RPO kry dikwels navrae oor die persentasie slagtings wat tussen die ouderdomsklasse in die formele sektor plaasvind. 
Volgens SAMIC maak A-klas lammers 85% van formele slagtings uit, AB-klas maak 4% uit en die C-klas 9%.
Die droogte het ‘n invloed op slagpersentasies gehad:
Slagpersentasie van skape:
Ouderdomsklas Normale slagtings Afwykings weens die droogte
A 85 75
AB 4 3
B 2 7
C 9 15
Lees meer ...

RPO Voorsitter is veeprodusent van die jaar

GWK, die Suid-Afrikaanse agri-besigheid wat aan boere behoort, het die wenners van sy jaarlikse GWK Ikone aangewys, ‘n viering van die leiers in die landboubedryf
Mnr Koos van der Ryst van die Koopmansfontein-omgewing is as die veeprodusent van die jaar aangewys in erkenning van sy uitstekende boerderypraktyke. Hy het meer as 1 000 beeste vir vleisproduksie gelewer. Lees meer ...

SA se handelsprestasies

Die Landbouhandelsforum het die status van Suid-Afrika se landbou handelsprestasie met Asië (27 lande, uitsluitend die Midde-Ooste) gedurende 2015 geanaliseer. 
In terme van totale landbouhandel, het Suid-Afrika van 1996 tot 2006 (SA invoere > SA uitvoere) ‘n positiewe handelsbalans  getoon.  Asië het van 2007 tot 2013 ‘n positiewe handelsbalans met Suid-Afrika getoon (SA invoere > SA uitvoere). Suid-Afrika het sy positiewe handelsdominansie herwin met ‘n positiewe handelsbalans van 2014 to 2015 (SA uitvoere > SA invoere).  Lees meer ...

Nuwe dieetriglyne gevra

Aartappels en grane verhoog die risiko van hartsiektes terwyl hoëvet suiwelprodukte dit verlaag, volgens ‘n nuwe studie wat die huidige voorskrifte vir ‘n gesonde dieet bevraagteken.
Die navorsing, waarin die dieetgewoontes van 42 lande oor ‘n tydperk van 16 jaar ondersoek is, is in teenstelling met die huidige voedingsriglyne wat deur regerings gegee word. Dit het daartoe gelei dat daar ‘n beroep gedoen is dat nuwe riglyne vrygestel word.  Lees meer ...

SAMIC se rol

SAMIC is aangestel as assignee van die staat deur die nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye  vir die toepassing van artikels 3(1)(a) en (b) en 8 van die Landbouproduktestandaarde Wet, Wet 119 van 1990.   
Dié artikels is spesifiek van toepassing op die klassifikasie en merk van rooivleis vir verkope in die handel.  Lees meer ...

Brusselose en vleisveiligheid

Dit is veilig om vleis te eet aangesien dit nie met die Brucella bakterie besmet raak nie, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA). 
Die Brucella bakterie isoleer homself in die uier en voortplantingsweefsel, sowel as limfkliere van die dier.  Lees meer ...

Plaaslike beesvleispryse behoort te styg

Internasionaal het verhoogde beesvleisvoorrade van Amerika en Suid-Amerika ‘n dempende invloed op die mark. Plaaslik sal pryse na verwagting opwaarts neig weens ‘n verhoogde maandeinde-aanvraag, volgens ABSA Agri Trends.
Internasionaal
Gedurende die week van 25 Oktober 2016 het Nieu-Seelandse bulle meestal laer verhandel teen 5.38NZ$/kg en koeie het dieselfde verhandel teen 3.95NZ$/kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.  Lees meer ...

Plaaslike vraag na skaapvleis verbeter

Internasionaal verstewig skaapvleispryse steeds weens beperkte voorrade van Nieu-Seeland en Amerika, sowel as die Kershandel. Plaaslike pryse kan verstewig word deur maandeinde-aankope en ‘n verbeterde vraag weens seisoenale neigings, volgens ABSA Agri Trends. 
Internasionaal
Nieu-Seelandse lam- sowel as skaapvleispryse het in die week van 25 Oktober sywaarts beweeg vergeleke met die vorige week. Lam het dieselfde afgesluit op NZ$88.1/kop vir ‘n 21kg lam. Ooie het sywaarts afgesluit teen NZ$58.8/kop vir ‘n 21kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 0.58% laer teen R65.69/kg, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 0.56% laer was teen R36.31/kg.  Lees meer ...

Aktuele sake bekyk

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se veterinêre strategie, die Brusselose-situasie en verpligte gemeenskapsdiens vir veeartse was van die sake wat tydens die laaste vergadering tussen verteenwoordigers van die departement en die nasionale Dieregesondheidsforum bespreek is. 
Volgens die departement het al die rolspelers tot die veterinêre strategie-dokument ingestem. Die formele dokument sal binnekort aan die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye voorgelê word vir ondertekening.  Lees meer ...

Skaapvleis SA en “Die Skapieskool” by  Livestock Expo 2016

Dit was die Wes Kaap se beurt om in Oktober te spog met hul lewendehaweindustrie by Agri Expo se Livestock Expo en Skaapvleis SA was deel van hierdie spoggeleentheid.
Die expo het plaasgevind in Stellenbosch by die pragtige Sandringham landgoed. Die expo het afgeskop met ‘n twee dae lange opvoedingsprogram vir ongeveer 3 000 plaaslike kinders. Hierdie opvoedingprogram het bestaan uit verskillende “hubs” waar skoolkinders van verskillende diere en aktiwiteite in die lewendehaweindustrie kon leer. Skaapvleis SA het by die Skaapvleis SA Hub ‘n program aangebied oor skaapvleis as deel van ‘n gesonde dieet. Elke kind het ‘n heerlike gebraaide Karusaf  skaapvleisworsie gekry  en ook ‘n opvoedkundige koerantjie om huis toe te vat. Die koerantjie is beskikbaar hier op die cookingwithlamb.com webwerf http://www.cookingwithlamb.com/science-snippets
Die naweek was daar groot feesgevier by die expo met musiekvermaak, ‘n landbou jeugskou en kosdemonstrasies. Heleen Meyer, populêre RSG en Kyknet kos-persoonlikheid, wat veral gewild is vir haar gesonde manier van kosmaak, het twee demonstrasies en praatjies gelewer oor hoe om Skaapvleis by jou gesonde dieet in te sluit. Kry die resep wat sy demonstreer het hier http://www.heleenmeyer.co.za/kospos-blog/2016/10/13/livestock-expo-15-october-2016-lamb-and-mutton-sa-recipes/

Inhoudsopgawe

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af 

Nasionale Diploma in Diereproduksie nou deeltyds aangebied

Die RPO het reeds in 2012 besef dat daar ‘n gaping in die tersiêre opleidingsomgewing bestaan vir die formele opleiding van jongmense wat hulle in ‘n landbourigting wil bekwaam, maar vir verskeie redes nie op ‘n voltydse basis aan ‘n tersiêre inrigting kan gaan studeer nie. In same-werking met BathoPele Agri Ont-wikkelings-instituut word die Diploma in Diereproduksie reg nr SAQA 49011 (249 krediete) nou deeltyds aangebied. Studente woon 12 studie-skole van een week elk by oor ‘n agtien maande periode. Die modules sluit in Boerderybestuur,   Agri markte en bemarking,  Personeelbestuur,  Natuurlike hulpbronnebestuur,  Infrastruktuur, plaastegnologie en meganisasie,  Veeproduksie (omvattend vervat in 5 modules) ,  Finansiele bestuur en Entrepreneuriese boerderybestuur. 
Wat hierdie diploma uniek maak is dat dit  (i)  deeltyds aangebied word en (ii)  ‘n omvattende praktiese program insluit en (iii) studente geassesseer word deur middel van die inhandiging van portefeuljes en nie eksamens nie.
Die eerste groep studente het reeds hulle Diploma verwerf en nog drie groepe is tans in Pretoria en Bloemfontein besig met studies. Registrasies vir 2017 sluit op 20 Januarie 2017. Vir meer inligting kontak Odette Shepperson by info@bathopele.net of 051-4511120.

DG gaan OBP-situasie self bekyk

Die Direkteur-Generaal van Landbou, Mr Mike Mlengana, gaan self kyk of Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) werklik die entstowwe het wat nodig is om veesiektes in SA te voorkom.
In ’n komiteevergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee vir Landbou, Bosbou en Visserye, het mnr Mlengana se frustrasie met dié regeringsentiteit na vore gekom.  Lees meer ...

Namibiese vleispryse kan daal

Die verlies van nagenoeg N$35 miljoen wat Meatco sedert die sluiting van sy Okapuka-voerkraal op 2 September gely het, kan in die volgende weke 'n daling van tussen N$5 en N$8 per kilogram in die produsenteprys meebring.

Dié vleisreus sê in sy jongste nuusbrief aan produsente sy weeklikse verlies weens die sluiting van die voerkraal beloop sowat N$5 miljoen.  Lees meer ...


Perspektief

Koolstofbelasting: wat beteken dit vir ons en hoe gaan ons dit aanspreek

Aangesien Suid-Afrika verbind is om sy kweekhuisgasse (KHG) te verminder, het die Departement van Omgewingsake (DOS) as verantwoordelike regeringsliggaam die taak om die stand van die land se KHG vrystelling op ‘n gereelde basis internasionaal te rapporteer, veral aan die “United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC)”.  Lees meer ...

Laai u PMF Nuusbrief hier af 


 

 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 
   
 


 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa