Copy
Welkom by September 2016 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

SAMIC lewer ‘n uitstekende diens

“SAMIC glo in wêreldklasstandaarde van oudits, inspeksies, sowel as uitstaande dienslewering,” sê mnr Rudi van der Westhuizen, Uitvoerende Direkteur in dié organisasie se jaarverslag. 
Met die mandaat van sy aandeelhouers, het SAMIC sy onafhanklike status behou en voortgegaan met die oudit en dienslewering.  Lees meer ...

Simposium oor beesvleisproduksie gehou

‘n Simposium oor beesvleisproduksie in warmer klimate is onlangs deur die LNR aangebied.
Onderwerpe wat toegelig is, sluit in teelstrategieë om koeidoeltreffendheid te verbeter; die aanpassing van plaasdiere by stresvolle omgewings; teling en produksiestrategieë om klimaat-slim beesproduksie te bevorder; en geleenthede en uitdagings vir beesproduksie in tropiese en sub-tropiese omgewings.

Projek om brusellose te beheer

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ‘n projek van stapel gestuur om beesbrusellose te beheer. 
Beesbrusellose (bemetlike misgeboorte) is in die Veterinêre strategie (2016-2026) geÑ—dentifiseer as die model wat saam deur alle rolspelers aangepak gaan word om hierdie gevaarlike soönotiese siekte (siekte wat van dier na mens oorgedra kan word) te beheer. As dié projek slaag, sal die model gebruik word om ander belangrike dieresiektes te beheer.  
Dit is in belang van ons land dat hierdie poging slaag omdat dit voordele inhou vir  menslike- en dieregesondheid, die ekonomie en internasionale handel, om maar ‘n paar op te noem.

5 Kernfeite wat jy van beesbrusellose moet weet

Beesbrusellose (besmetlike misgeboorte - BM) is ‘n kuddesiekte! As een dier in jou kudde positief toets vir brusellose, word die hele kudde as positief beskou en onder kwarantyn geplaas.  
Dit is omdat die siekte wat deur die bakterie Brusellose veroorsaak word, kronies (lang termyn) van natuur is en kliniese tekens lank vat om voor te kom. Diere wat die eerste keer negatief toets, kan dikwels positief toets in ‘n volgende rondte toetse. Alle diere op die plaas moet dus geïdentifiseer kan word.  Daar is geen behandeling vir die siekte nie en alle gevalle moet aan die Staat Veterinêre Dienste gerapporteer word omdat dit ‘n gekontroleerde siekte is.  Lees meer ...

Dierewelsyn bespreek

Verskeie sake met betrekking tot dierewelsyn is tydens die laaste vergadering van die Dierewelsynskomitee bespreek.

Daar is onder meer besluit dat ‘n omvattende literatuurstudie onderneem sal word oor die onderwerp van elektriese immobilisasie, aangesien dit betwyfel word of dit enigsins toegelaat moet word. Die studie sal deur ‘n lid van die Fakulteit van Veterinêre Wetenskap  onderneem word. ‘n Omvattende literatuurstudie gaan ook oor die verskaffing van skuilings aan herkouerdiere gedoen word.  Lees meer ...


Gebrek aan grensheinings hou ernstige gevolge in

Die gevolge van ‘n gebrek aan grensheinings is tydens ‘n vergadering tussen verteenwoordigers van die Dieregsondheidsforum en die Departement van Openbare Werke bespreek.

Mnr Gerhard Schutte het namens die Forum die ekonomiese risiko’s wat daaraan verbonde is as die grensheinings in die huidige toestand bly, uitgewys.  

Die maatskappy Endecon Ubuntu (Pty) Ltd & DELTA BEC het gerapporteer dat hulle reeds in 2013 met werk aan die grensheining begin het. Weens bykomende regsaangeleenthede is die vordering stadig, maar die werk gaan voort. Die projek sluit in die die instandhouding en opgradering van die grensheining tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek en DELTA BEC werk apart aan die grensheining  tussen Suid-Afrika en Lesotho.  

Daar is besluit dat die Dieregesondheidsforum op hoogte gehou sal word van die vordering wat met die grensheining gemaak word.


Voermol boer van die jaar gesoek

Die soektog na die Voermol Nasionale Beesboer/Skaapboer van die Jaar, het begin. 
Die kandidaat moet ‘n leierboer in sy omgewing wees en ‘n voorbeeld vir mede-boere. Sy bestuurspraktyke en resultate moet as norm dien. Enige boer kan genomineer word, ongeag die grootte van sy onderneming.  Mede-boere moet hulself met die kandidaat kan identifiseer.  
Die boer moet bereid wees om ander boere op sy plaas te ontvang en ‘n boeredag aan te bied in samewerking met organisasies wat by die kompetisie betrokke is.  
Vir meer inligting en ‘n nominasievorm, kontak mnr Hendrik van Pletzen by e-pos:  hendrikvp@mweb.co.za of faks 051 4368576.

Taakgroep moet aangewys word vir kweekhuis-gasvrystellings

Agri SA behoort ‘n taakgroep aan te wys met verteenwoordigers van tuinbou, graangewasse en vee om die proses van die vermindering van kweekhuis-gasvrystellings te bestuur en met die Departement van Omgewingsake, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en bedryfsorganisaies te skakel, het die RPO aanbeveel. 
Verder behoort die inisiatief van die Departement van Omgewingsake om ‘n strategie vir die vermindering van kweekhuis-gasvrystellings vir die landbou, bosbou en ander grondgebruikers-sektor aangepak te word met die betrokkenheid van alle belangegroepe en rolspelers.  Lees meer ...

Voldoen aan verklaring van gesondheid

Die Rooivleisbedryfsforum het produsente en vee-afslaers versoek om aandag te gee aan die vereiste met betrekking tot ‘n verklaring van gesondheid om te verseker dat veilige vleis in belang van die bedryf voorsien word.

Abattoir-eienaars het in terme van die regulasies van die Vleisveiligheidwet 2000. Wet 40 van 2000,  die verantwoordelikheid om ‘n verklaring van gesondheid en oorsprong van die eienaar van slagvee te bekom.  Lees meer ...

Interne parasiete is nog volop

Verskeie verslae van infeksies weens interne parasiete is ontvang, volgens die maandelikse siekteverslae soos informeel gerapporteer deur veeartse. 
H
aarwurm- en bankrotwurm-infeksies is ‘n toenemende probleem by kleinvee langs die Visriver in die Oos-Kaap. Lang-nek bankrotwurm infeksies is by Darling aangemeld. Kleinveeboere moet op die uitkyk wees vir diere met tekens van anemie en bottelkaak.  Lees meer ...

Warmer weer kan beesvleisvraag laat klim

Internasionaal gaan aansienlike volumes van goedkoper proteïene voort om ‘n demper op die mark te plaas wat daartoe lei dat die eindgebruik-vraag na beesvleis onder druk is. ‘n Gebrek aan voorrade in die groter uitvoerlande, Australië en Nieu-Seeland, bied ondersteuning aan pryse, volgens ABSA Agri Trends. 
Plaaslik behoort pryse in die komende weke te begin herstel soos wat dit warmer word en die vraag na beesvleis begin styg.  Lees meer ...

Skaapvleispryse gaan moontlik herstel

Internasionaal word verwag dat skaapvleisprsye sal voortgaan om te versterk in reaksie op verlaagde voorrade. Plaaslike pryse sal na verwagting in die volgende paar weke herstel soos wat dit warmer raak, volgens ABSA Agri Trends.
Pryse was gedurende die week van 23 Augustus 2016 sterk omdat die warmer weer ondersteuning bied aan die vraag na lam- en skaapvleis en pryse sal na verwagting so bly. Lees meer ...

Inhoudsopgawe

Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af 

Red Meat/Rooivleis lesersopname 2016

Sê jou sê oor ons tydskrif! 

Geagte leser,
Red Meat/Rooivleis, die amptelike, tweemaandelikse publikasie van die RPO, stel hom ten doel om boere voortdurend op hoogte hou van nuwe, relevante en praktiese inligting wat hulle sal help om suksesvolle en volhoubare besighede te kan bestuur. Om ons hiermee te help hoor ons graag van u, ons leser, oor wat u in die tydskrif wil sien en wat nie.
 
Ons sal dit hoog op prys stel as u ongeveer 15 minute kan afstaan aan die invul van ons lesersopname (by die skakel hier onder) sodat ons ons dienste aan u, die Suid-Afrikaanse rooivleisprodusent, kan aanhou verbeter. Dankie vir u kosbare tyd.
Skakel / Survey link: https://www.surveymonkey.com/r/Rooivleis

Meld alle veediefstalsake aan

Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum (NVVK) was die afgelope tyd betrokke by baie vergaderings regoor die land en dit is duidelik dat die statistieke oor die nie-aanmelding van veediefstalsake nie oordryf word nie. Daar is 'n groot toename in veediefstal.  
Statistieke Suid-Afrika het aangedui dat 36.3% van veediefstalsake in 2011 nie deur die slagoffers aangemeld is nie. Dié syfer het in 2012 na 40,1% gestyg en in 2013 het dit drasties gestyg tot 63%.  Lees meer ...

Departement spreek agterstand aan

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het die agterstand met die vraelyste oor toegang tot uitvoermarkte suksesvol aangespreek.

Volgens ‘n brief van die departement het die aanvraag na bystand deur die Direktoraat Dieregsondheidheid dramaties toegeneem soos wat potensiële markte vir uitvoere oopgaan. Een van die eerste stappe wanneer nuwe markte bekom word, is dat die invoerland die gesondheidsrisiko’s van Suid-Afrika evalueer.  Lees meer ...

Kyk uit vir hondsdolheid

Hondsdolheid, is nie net ‘n plaassiekte nie en kan enige iemand affekteer. Daar word gereeld positiewe diere gediagnoseer in stede soos Johannesburg, Pretoria en Bloemfontein.

Hondsdolheid is een van die oudste siektes wat jaarliks 60 000 mense wêreldwyd, se dood veroorsaak. Lees meer ...


Perspektief

Die invloed van Swenkdalkoorsentstof op ramsemenkwaliteit
Swenkdalkoors is ‘n muskietoordraagbare virussiekte met betekenisvolle ekonomiese- en publieke gesondheidsimplikasies. Dié virussiekte kan vrektes veroorsaak in jong- en volwasse herkouers en aborsies gedurende dragtigheid. Dit is ook van dier na mens oordraagbaar, soms met lewensbedreigende gevolge. Mense wat saamleef en werk met diere het die grootste risiko om die siekte te kry.
Inenting help om die verspreiding van Swenkdalkoors te bekamp. Inenting van die moeder help om immuniteit via biesmelk na die jong dier oor te dra en sodoende mortaliteite te beperk.  Lees meer ...

 Veilings

Kliek HIER vir die nuutste veilings


Laai u PMF Nuusbrief hier af 


 

 Nuutste gebeure in Grassfed

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op