Copy
Welkom by Oktober 2015 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 

Transformasie bly 'n prioriteit

Die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO) gaan voort om transformasie en die ontwikkeling van die rooivleisbedryf as ‘n prioriteit te hanteer, het Biskop DP Mahlangu in sy voorsittersverslag by NERPO se algemene jaarvergadering gesê.
Hy het gesê NERPO se volgehoue onderhandelings en beraadslagings het daartoe gelei dat die belangrike rol wat kleinskaalse boere in transformasie en die ontwikkeling van die landbousektor te speel het, erken word.  Lees meer ...

Dit is tyd om aan te pas by Klimaatsveranderinge

Alle veeboere behoort hul boerderypraktyke te verander om by klimaatsveranderinge aan te pas, aldus een van die besluite wat tydens NERPO se algemene jaarvergadering aanvaar is.
Ander besluite sluit die volgende in:
  • Vee-opnamestelsel
  • Primêre dieregesondheid
  • Rooivleisopleidingsakademie 
Lees meer ...

Is dit beter om Plante te eet?

Kritici het al tot vervelens toe gesê dit is oneties om rooivleis te eet omdat dit ‘n negatiewe uitwerking op die omgewing en dierewelsyn het.
Maar as jy diere se lyding graag tot ‘n minimum wil beperk en meer volhoubare landbou wil bevorder, is ‘n vegetariese dieet dalk net een van die slegste dinge wat jy kan doen.  Lees meer ...

Uitvoere met Amerikaners bespreek

Suid-Afrika het tydens samesprekings wat met veterinêre amptenare van Amerika gehou is, die geleentheid gebruik om gesprek te voer oor uitvoere van volstruis en beesvleis na Amerika
Suid-Afrika probeer reeds die afgelope vyf jaar om gesondheidsertifikasie te bekom vir beesvleisuitvoere na Amerika.  Lees meer ...

Standaardekomitee vergader

Verskeie relevante onderwerpe het onder die soeklig gekom tydens die laaste vergadering van die Standaardekomitee vir rooivleisklassifikasie. Dit sluit die volgende in:
  • Relevansie en omvang van die vleisklassifikasieregulasies    
  •  Implementering van aangepaste vleisklassifikasieregulasies (Regeringskennisgewing No. R. 55 van 30 Januarie 2015) 
  • Ouderdomsklas op etikette
  • Korellasie van koppe en karkasse met dieselfde genommerde etikette
  • Rolmerke op karkasse
  • Identifikasie van ingevoerde karkasse
  • Inspuiting van water in rooivlies
Lees meer ...

JSE bied Beeskontrak aan

Die JSE beoog om ‘n beeskontrak (A2/A3) aan te bied met die Rooivleisabattoirvereniging (RVAV) prysinligtingstelsel as verwysing vir die drie maandelikse prysvasstelling.
Die doel van die ooreenkoms met die JSE is om eerstens die prysinligting uit te brei en ook om ‘n oudit spoor van pryse in plek te stel om enige afwykings wat moontlik mag voorkom te identifiseer. 
Die RVAV beoog ook om tydens die Gauteng streeksvergadering in Oktober 2015 ‘n werkswinkel aan te bied om belangstellendes meer inligting oor die JSE-kontrak te gee.

Aanvraag sal Beesvleispryse lig

Internasionaal sal beesvleispryse in die komende weke na verwagting ondersteun word deur ‘n verbeterde vraag tot en met Kersfees, volgens ABSA Agri Trends.
Laer produksie in Australië sal ook daartoe bydra om pryse te verstewig. Plaaslik sal pryse na verwagting ‘n opwaartse siklus in lyn met seisoenale neigings toon soos wat die vraag in die warmer seisoene styg.  Lees meer ...

Positiewe Vooruitsigte vir Skaapvleis

Die vooruitsigte vir skaapvleis is internasionaal positief soos wat pryse steeds ondersteun behoort te word deur klein nasionale kuddes in uitvoerlande, volgens ABSA Agri Trends.
Een van die belangrikste uitvoerlande, Nieu-Seeland, sal na verwagting ‘n kleiner produksie vir dié seisoen toon, wat pryse behoort te versterk. Plaaslik sal pryse na verwagting sywaarts en afwaarts beweeg in lyn met seisoenale tendense, en in die feesseisoen versterk. Die onlangse reën mag tot verbeterde produksietoestande lei.  Lees meer ...

Die Oktober 2015-uitgawe van Red Meat/Rooivleis sal binnekort elektronies beskikbaar wees op www.agriconnect.co.za 

Inspuitings van hoenders word nie ondersteun nie

Die Rooivleisbedryfsforum het die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye in ‘n brief in kennis gestel dat die die bedryf nie die inspuiting van vloeistof of die byvoeging van enige ander middels of kunsmatige bymiddels in hoendervleis ondersteun nie.
Die Forum het versoek dat dié aangeleentheid dringende aandag sal geniet voor die finale regulasies in die Staatskoerant gepubliseer word, aangesien die huidige situasie nie tot voordeel van vrye mark-beginsels of ‘n bemagtigende regulatoriese omgewing is nie.

Tyd om wakker te wakker te skrik

Die onlangse dood van aasvoëls, blou kraanvoëls, bruin hiënas en ander wildlewe weens onwettige vergfitiging behoort ‘n wekroep vir Suid-Afrikaanse bewaringsowerhede, wetstoepassingsagentskappe en omgewingsbewaarders te wees, sê dr Gerhard Verdoorn van die Griffon Gifinligtingsentrum.
Terwyl renosters deur stropery bedreig word, loop ander, ewe belangrike wildlewespesies ook die gevaar om uitgewis te word as die huidige vlaag van onwettige vergiftiging voortduur. Dit is veral aasdiere en roofdiere wat bedreig word.  Lees meer ...

Bespreek jou inentingsprogram met jou Veearts

Dit is belangrik dat boere hul inentingsprogramme met hul veeartse sal bespreek, volgens  die maandelikse verslag van dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veeartse wat aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika behoort.
Verskeie gevalle van interne sowel as eksterne parasiete is aangemeld. Daar is ‘n persepsie dat interne parasiete nie in die winter probleme veroorsaak nie. Boere moet egter op die uitkyk wees vir tekens van interne parasietinfestering, soos bloedarmoede, gewigverlies en diarree.   Lees meer ...

RPO – NERPO Kode van Beste Praktyk

Riglyne vir dieregesondheid en welsyn
Dierewelsyn kan beskryf word as ʼn weerspieëling van die mens se strewe na “menslike” of humanitêre behandeling van diere.   Lees meer ...

Perspektief

Die GVE is van meer nut as net ‘n skalingsfaktor vir veelading.
Die Grootvee-eenheid (GVE), ontwikkel in die vroeë tagtigs om voerbehoeftes na dieselfde eenheid te standaardiseer teneinde spesies te vergelyk en om die behoeftes in lyn te bring met wat die voerhulpbron kan bied, skyn ook van nut te wees in seleksieprogramme. Rasse verskil in grootte en behoeftes, en deur seleksie vir groei kan die volwasse massa oor tyd verander. Deur met die LSU te kalibreer, kan die verwante variasie gekorrigeer word en gee dit die voordeel dat vergelykings by dieselfde veelading gedoen kan word.   Lees meer ...

Laai u PMF Nuusbrief hier af 


Ons epos adres is

Posbus 132
Persequor Park
0020

Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent