Copy
Welkom by September 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Rooivleis uitgelig tydens diensleweringsprogram

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mnr Senzeni Zokwana, het onlangs ‘n diensleweringsprogram in Pretoria aangebied.

Voorleggings is onder meer gemaak deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, mnr Mooketsi Ramasodi, Waarnemende Adjunk-direkteur van die Departement, mnr Tshokolo Nchocho van die Landbank,  Agri SA, AFASA, TLU SA en NAFU en mnr Gerhard Schutte, Hoof-uitvoerende beampte van die nasionale RPO.

Lees meer ...
Veillings vir Oktober ...

Beskikbaarheid van OBP produkte

Onderstepoort Biologiese Produkte het bevestig dat die volgende produkte tans beskikbaar is:

Entstowwe teen Galsiekte, Antharax, Bloutong, Sponssiekte, Lamsiekte, B-Phermal 10-dosis, Besmetlike misgeboorte, Kalwerparatifus, Coryne, E. Coli, Hartwater, Leukopast en Knopvelsiekte in verskillende doserings.

African hide trading sluit sy deure

Suid-Afrika mag ‘n tweede natblou-aanleg in ‘n kort tydperk verloor met die onverwagte aankondiging dat African Hide Trading (AHT) sy deure einde September sluit.

AHT is ‘n huide- en vellehandelaar, ‘n natblou-aanleg en ‘n valkoper wat tussen 2 500 en 3 000 huide en 3 000 tot 4 000 velle per dag verwerk, dus een van die grootste maatskappye van sy soort in Suid-Afrika. Volgens kenners in die bedryf het geen ander maatskappy die kapasiteit om dieselfde produksie te behaal nie. 

Lees meer ...

Dit is goedkoper om bek-en-klouseer te voorkom

Dit sal baie goedkoper wees om bek-en-klouseer te voorkom as wat dit sal wees om die siekte te bestuur as dit in Suid-Afrika uitbreek, het die Rooivleisbedryfsforum in ‘n ondersoek bevind.

Die gepaardgaande verlies in markaandeel kan die rooivleisbedryf veral duur te staan kom.

Die ekonomiese impak van bek-en-klouseer kan gemeet word in die lig van verlore uitvoerverdienste;  verbruikers wat besluit om nie produkte te koop wat met vee verband hou nie; ‘n verlies in markaandeel wat baie moeilik herwin gaan word; skade aan die plaaslike produksiekapasiteit; en ‘n ontwrigting van die plaaslike waardekettings.

Die geskatte verlies in uitvoerverdienste in die rooivleisbedryf kan so hoog as R4,6 biljoen wees as dit gemeet word teen die uitvoerwaardes van 2016 (dit is as ‘n verbod op Suid-Afrikaanse veeprodukte vir ‘n periode van 12 maande van krag is). Beide primêre en sekondêre sektore van die rooivleisbedryf sal geraak word. ‘n Afname in die vraag na rooivleis as gevolg van die feit dat minder diere beskikbaar gaan wees vir bemarking, kan tot verdere verliese vir die bedryf lei.

Verlede jaar was ‘n rekordjaar vir beesinvoere

Dr Piet Gouws van die  Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) van Namibië het in ‘n brief aan die nasionale RPO saamgestem dat 2016 ‘n rekordjaar in terme van beesuitvoere na Suid-Afrika was.

Die LPO het die volgende die uitvoersyfers (Vleisraad syfers) na Suid-Afrika van 2012 tot op hede beskikbaar gestel:

Lees meer ...

Suksesverhale van die Dieregesond-heidsforum 

Die nasionale Dieregesondheidsforum het in die laaste vyf jaar uitstekende werk gedoen om die privaat-openbare venootskap tussen die rooivleisbedryf en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye te bewerkstellig, sê Dr Pieter Vervoort, Voorsitter van die Forum.   
Die nasionale Dieregesondheidsforum se sukseverhale sluit die volgende in: 
  • In 2013 het die Forum die Departement gehelp om die uitbreking van bek-en-klouseer in Mpumalanga en KwaZulu-Natal te hanteer. 
Lees meer ...

Moenie vergeet om jou diere in te ent nie

Die reënseisoen in die somerreënvalstreke lê voor en daarmee saam ‘n toename in die voorkoms van bosluise, muggies, muskiete en vlieë, volgens die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA).

Hierdie bosluise en insekte is betrokke by die oordrag van siektes soos Afrika- en Asïatiese rooiwater, Hartwater, Knopvelsiekte, Bloutong, Slenkdalkoors, Wesselsbronsiekte, Drie-dae-stywesiekte asook ooginfeksies. Bespreek jou beheerprogramme met jou veearts en bestel die entstowwe vroegtydig.

Dit is van die uiterste belang dat alle verse teen beesbrusellose ingeënt word met Stam 19- of RB 51-entstowwe.

Alle beeste moet ook jaarliks teen antraks ingeënt word.

Australië se vleisverwerkings-bedryf is in ‘n krisis 

Meat and Livestock Australia se Bestuurder, mnr Richard Norton, sê die land se rooivleisverwerkingsektor staar ‘n krisis in die gesig weens ‘n hoë geldeenheid, lae beesgetalle en die hoë koste van produksie en verwerking in Australië. 
Hy sê die land is uit voeling uit omdat die meeste ander lande lae pryse het, terwyl Australië se produsentepryse hoog is. 
Lees meer ...

Perspektief 

Sal produksie en reproduksie van ngunikoeie soortgelyk wees in verskillende biostreke?
Koeidoeltreffendheid is ‘n sleutelfaktor in die produktiwiteit van ‘n vleisbeeskudde. Dit word deur ‘n aantal veranderlikes beïnvloed, onder andere aanpasbaarheid. Dit word algemeen aanvaar dat aanpasbaarheid by lokale omstandighede  beter sal wees vir inheemse rasse as vir rasse wat ingebring is. 
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Share
Tweet
Forward

Vleismark gaan moontlik vervolg word

Meat World vleismarkte is skuldig bevind aan die oortreding van gesondheidswetgewing en die Departement van Gesondheid gaan moontlik kriminele klagte oplê nadat skokkende bakteriëtellings aan die lig gekom het ná toetse.
Mnr Rudi van der Westhuizen van SAMIC het in reaksie gesê kospersele word in terme van Regulasie 962 van die Wet op Voedsel-, Kosmetiese- en Ontsmettingsprodukte, 1972, beheer. Dié regulasies word deur munisipale owerhede toegepas en omgewingsgesondheidsinspekteurs besoek persele vir die uitreiking van sertifikate van aanvaarbaarheid asook om te verseker dat daar aan riglyne voldoen word.
Lees meer ...

Behoeftebepaling vir jakkalswerende sifdraad

Die Predasiebestuursforum (PMF) het die inisiatief geneem om insetverskaffers te versoek om jakkalswerende sifdraad teen verlaagde tariewe vir vee-eienaars beskikbaar te stel.

Daar is egter insetverskaffers wat meen dat die aanvraag vir omheining tans nie groot is nie en dat daar dus nie genoeg rede vir die spesiale tarief is nie. Dit is as gevolg van die droogte, waar boere se kapitaalbesteding ingeperk is weens hoë voerkoste, asook groot volumes draad wat steeds in store lê na afloop van soortgelyke inisiatiewe die afgelope twee jaar.   

Die PMF wil dus nou lede toets ten einde die werklike behoefte aan dubbelgegalvaniseerde sifdraad met ’n 75 mm gaping te bepaal. Hierdie spesifikasies is goedgekeur tydens ’n vergadering van die PMF. Skakel Bonita Francis by die NWKV-hoofkantoor by 041 365 5030 as u belangstel om hierdie soort sifdraad te bekom.

Neem deel aan studie oor predasie

Die Nelson Mandela Universiteit het ‘n wetenskaplike assessering van kleinveepredasie onderneem met die oorkoepelende doelwit van die volgende:

  1. Die aantekening van wat bekend, onbekend en in dié verband bevraagteken word by wyse van ekstensiewe en deursigtige beoordelings deur beide deskundiges en belanghebbendes in die veld; en
  2. Sintetisering en kommunikasie van die inligting op so ‘n manier dat besluitneming en die bereiking van sosiale konsensus behaal word.

Jy kan  aan die PredSA-proses deelneem deur as ‘n belangegroep te registreer. Sodoende sal jy in staat wees om formele kommentaar op die konsepverslae op die webbladsy te lewer tydens spesifieke kommentaarperiodes. Registreer asseblief via die volgende skakel: http://predsa.mandela.ac.za/Stakeholder-Registration

Landbou help om die land uit ressessie te lig

Na twee agtereenvolgende jare van ‘n afname het die Suid-Afrikaanse ekonomie in die tweede kwartaal van 2017 ‘n effense verbetering getoon.

Die positiewe bydraes tot verhoogde ekonomiese aktiwiteite by die meeste bedrywe, spesifiek landbou, finansies en die mynwese, het die Bruto Binnelandse Produk (BBP) kwartaal-op-kwartaal met 2,5% laat verbeter (met seisoenale en geannualiseerde aanpassings).

Lees meer ...

Doen meer vir jou skape en hulle sal meer doen vir jou! 

Deur Dr Gareth Bath, Voorsitter: Lewendehawewelsynskomitee   
Die meeste boere is trots op hul vee en probeer om die regte ding te doen, maar is dit moontlik om meer as net genoeg te doen?  
Geriewe   
Is die krale en drukgang veilig, is water beskikbaar, is daar enige skadu, is daar ‘n goeie vloer of word dit ‘n modderbad as dit reën? Niks hiervan is dodelik vir die skape nie, maar kan ons beter doen?
Lees meer ...

Stewige uitvoere in die internasionale beesvleismark 

Internasionaal gaan stewige uitvoere voort om die beesvleismark te ondersteun, volgens ABSA Agri Trends. 
Plaaslik mag beesvleispryse ietwat afplat weens meer verkope tydens die maandeindeperiode. 
Internasionaal 
Gedurende die week van 8 September 2017 het Nieu-Seelandse bulle sywaarts verhandel teen 5.46NZ$⁄kg en koeie het sywaarts verhandel teen 4.32NZ$⁄kg onderskeidelik vergeleke met die vorige week.  
Lees meer ...

Internasionale skaapvleispryse is hoog 

Internasionaal behaal lamsvleis goeie pryse in die internasionale mark weens lae voorrade. Dit mag ‘n dempende uitwerking of verbruikersaanvraag hê, volgens ABSA Agri Trends.  
Plaaslik mag die aanvraag na lam- en skaapvleis afwater ná verhoogde maandeindeverkope. Oor die medium termyn mag pryse ondersteun word omdat die braaiseisoen aangebreek het.  
Internasionaal 
Die Nieu-Seelandse lamspryse was in die week van 8 September 2017 meestal hoër vergeleke met die vorige week. Lam het 1.06% hoër afgesluit teen NZ$105.0kop vir ‘n 
15kg lam. Lamspryse was 1.10% hoër teen NZ$147.0/kop vir ‘n 21kg lam. Ooie het sywaarts verhandel teen NZ$86.1kop vir ‘n 21kg ooi. Invoerpariteitspryse vir lam was 0.96% laer teen R71.99, terwyl die invoerpariteitsprys vir skaapvleis 1.85% laer was teen R46.44g.   
Lees meer ...

September was “Skaapbraai-maand”!

Skaapvleis SA het hierdie jaar seker gemaak September was nie net “Braaimaand” nie maar “Skaapbraaimaand”! Met ‘n “Muscle up you chop!” veldtog saam met die populêre “Men’s Health” digitale platvorms  en ‘n video reeks saam met Jan Braai, het skaapvleis omtrent die sosiale media wêreld oorgeneem! Gaan kyk gerus na hierdie videos wat op die “Healthy Meat- by Lamb and Mutton SA” en Jan Braai Facebook bladsye gedeel is. Boonop het Skaapvleis SA ook seker gemaak almal is goed “braai-fiks” en het van die volgende “braaiwenke” op hul Facebook blad gedeel. 
Lees meer ...
Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved. 

Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa