Copy
Welkom by Desember 2017 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Almal moet saamwerk om veediefstal te bekamp

Die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum versoek dat alle rolspelers in die rooivleisbedryf dringend ‘n aktiewe rol begin speel om veediefstal te bekamp en die algemene publiek word versoek om veeboere by te staan in die stryd teen veediefstal.
Die nasionale misdaadstatistieke wat op 24 Oktober 2017 deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens beskikbaar gestel is, is deur die Nasionale Veediefstal Voorkomingsforum geanaliseer en die volgende inligting is van belang.
Lees meer ...

Die bobbejaanskade-belangegroep gaan ondersteun word

Die Nasionale Wolkwekersvereniging, die RPO en SAMGA het ooreengekom om lidmaatskap aan die bobbejaanskade-belangegroep (BDIG) te ondersteun en die Predasiebestuursforum (PMF) sal ‘n afgevaardigde na ‘n werkswinkel stuur wat volgende jaar gaan plaasvind.
Bobbejane is ‘n saak van kommer vir die PMF omdat dié diere ‘n impak op volhoubare veeproduksie het.
Lees meer ...

Die stand van sake in een van die wêreld se grootste rooivleis-uitvoerlande

‘n Verslag van die Australiese Rooivleis Adviesraad (RMAC) toon aan dat dié land die wêreld se grootste uitvoerder van rooivleis is.
Dit sal vir baie mense geen verrassing wees dat rooivleis ‘n groot besigheid in Australië is nie. Die beelde van beesplase wat so groot is dat helikopters benodig word om dit te deurkruis en veebevolkings wat groter as die populasie van ‘n kleinerige dorp is, is ‘n onlosmaaklike deel van dié land se ekonomie en ikonografie.
Lees meer ...

Boere moet hul vee vroegtydig inent

Die reënseisoen is op hande en insek-oordraagbare siektes soos knopvelsiekte, bloutong, drie-dae-stywesiekte en Wesselsbron se siekte mag voorkom as diere nie vroegtydig ingeënt is nie.
Die maandelikse verslag oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) beveel aan dat boere hul inentingsprogramme met hul veeartse bespreek.
Lees meer ...

Perspektief 

Die invloed van hittestres op die prestasie van vleisbeesrasse
Klimaatsverandering kan ‘n negatiewe invloed op produktiwiteit hê. Een van die stressors kan wees meer gereelde voorkoms van hoë temperature en daarmee saam soms hoë straling en vogtigheid. Alhoewel alle rasse daaronder gaan lei, is dit onbekend hoe die vernaamste rasse en kruise daarop gaan reageer. Die 2015/2016 somer het ‘n geleentheid gebied om dit te ondersoek omdat dit die warmste en droogste jaar was wat nog ooit aangeteken is. In die vorige nege somers was daar gemiddeld 1.9 hittegolwe per somer wat ongeveer 6.5 dae geduur het. In die 2015/2016 somer was daar 12 hittegolwe wat gesamentlik 71 dae geduur het. Die doel van die studie hieronder aangehaal was gevolglik om die invloed van hierdie hittegolwe op die voerinname en groei van speenouderdom bulletjies van verskillende genotipes te ondersoek.
Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Laai u PMF nuusbrief hier af ...
Share
Tweet
Forward

Lewendige uitvoere van vee nie ondersteun

Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf stel baie daarin belang om rooivleis na Maleisië uit te voer, maar die Rooivleisbedryfsforum ondersteun nie die uitvoer van lewendehawe per see nie, weens die dierewelsynsimplikasies.
Dit is in reaksie op ‘n versoek van Maleisië aan die Forum om betrokke te raak by die onderhandelings vir die uitvoer van lewendige vee van Suid-Afrika na Maleisië.
Die Maleisiese veeartsenydienste het in Oktober 2017 ‘n inspeksiebesoek aan Suid-Afrikaans goedgekeurde uitvoerfasilitiete gebring en die plaaslike bedryf wag terugvoering in dié verband af.

Besigheidsplan vir produksie-ontwikkeling gepubliseer

Die nasionale RPO het sy besigheidsplan en begroting vir produksie-ontwikkeling vir die periode 2018 to 2020 gepubliseer.
Produksie-ontwikkeling is van kardinale belang vir die vooruitgang van die rooivleisbedryf en dit is in lyn met die strategiese plan vir Suid-Afrikaanse landbou en die Nasionale Ontwikkelingsplan.
Lees meer ...

Konsep-ontwikkelingsplan vir vleisbokke sien die lig

‘n Konsepontwikkelingsplan vir vleisbokke in Suid-Afrika is gepubliseer met die doel om ‘n holistiese ondersteuningsraamwerk te ontwikkel vir ‘n volhoubare bokvleissektor in die land.
Om dit te bereik sal ‘n strategiese lograamwerk van geïntegreerde ingrypings onderneem word vir die ontwikkeling en onderhoud van ‘n lewensvatbare boksektor wat die hele waardeketting sal ondersteun. Dit sluit in eienaars van bokke en mense wat bokke op kommunale weivelde aanhou, kommersiële telers, produsente, verwerkers en handelaars.
Lees meer ...

Meer beeste in internasionale mark beskikbaar

Internasionaal kan geskudeleerde pryse na die einde van November en die begin van Desember toe matig afplat soos wat meer beeste beskikbaar raak vir slagdoeleindes en soos wat Nieu-Seeland se produksievlakke verbeter, volgens ABSA Agri Trends.
Plaaslik bly die vooruitskouing vir pryse stewig in lyn met verhoogde verbruikersbesteding voor die feesseisoen.
Lees meer ...

Internasionale skaapvleisvoorrade is beperk

Internasionaal gaan beperkte skaapvleisvoorrade tesame met ‘n goeie vraag na skaapvleis voort om pryse stewig te hou, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik dui die algemene vooruitskouing vir lam en skaap op hoë pryse soos wat die seisoenale vraag toeneem en warmer weer daartoe lei dat mense meer braai. Lamspryse is rofweg 28% hoër in vergelyking met die dieselfde tydperk verlede jaar.

Lees meer ...

Skaapvleis SA Advent-kalender

Skaapvleis SA vier die jaar Kerstyd met ‘n digitale Advent-kalender op hul webwerf: http://www.cookingwithlamb.com/advent-calender.  Agter elke dag op Desember se kalender wag daar ‘n Skaapvleis SA hoogtepunt uit 2017. Van heerlike resepte tot videos en meer, daar is ‘n bederf vir elke skaapvleis liefhebber hierdie feesseisoen! 

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa