Copy
Welkom by Junie 2020 uitgawe van die Rooivleis Produsente Organisasie Nuusbrief 
View this email in your browser

Die jongste oor die bek-en-klouseer-situasie in Limpopo

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkelling sê goeie vordering is gemaak met die ondersoek na die bek-en-klouseer-uitbreking in Molemole, Limpopo.

Ná aanvanklike terugsporings-aktiwiteite is die uitbreking met vier veilings verbind wat in September en Oktober 2019 op twee persele gehou is. Die toetsing van die primêre persele is byna voltooi en ‘n aantal sekondêre persele is vir opvolgtoetse geïdentifiseer. Voorkomende kwarantyn is reeds by 127 van die gekoppelde persele opgehef en 127 van dié plekke het intussen negatief getoets.

Lees meer ...

Nuwe Red Meat/Rooivleis binnekort by jou!

 
Weens die COVID-19-pandemie en gepaardgaande inperkingstyd was dit nie moontlik om die vorige uitgawe van Red Meat/Rooivleis (Vol.11 No.2) te laat druk nie. Die uitgawe is wel digitaal beskikbaar by www.agriconnect.co.za/red-meat-digital-magazines.
 
Ons is egter opgewonde om aan te kondig die nuwe uitgawe (Vol.11 No.3) sal wel gedruk kan word omdat die drukkers weer operasioneel is. Die poskantoor se dienste is nog nie 100% hervat nie, so dit is moeilik om ’n presiese afleweringsdatum te bepaal, maar ons hoop die tydskrif sal tussen middel en einde Junie op jou voorstoep beland.
 
Die volledige digitale weergawe sal wel reeds van Maandag af op die webtuiste beskikbaar wees. Lekker lees!
 
Die Agri Connect-span

Wat ‘n post-COVID19-wêreld vir die vleisbedryf kan beteken

 
Die volgende 30 jaar sal die belangrikste in die geskiedenis van dierelandbou wees.
 
Teen 2050 sal die huidige produksie van proteïen verdubbel moet word om die wêreldbevolking te voed. Die kanse dat ontwikkelaars van alternatiewe proteïene ‘n beduidende bydrae kan lewer is redelik klein en dus is daar ruimte vir die dramatiese groei van beide diere- en alternatiewe proteïene. Die huidige pogings om mekaar te demoniseer kan teenproduktief wees en daarom moet daar eerder ‘n manier gevind word om langs mekaar te bestaan, te hefboom en die doelwit te bereik om die wêreld se bevolking te voed.
Lees meer ...

Veeveilings ontgin digitale oplossings

 
Die onlangse ontwrigtings in die plaaslike veeveilingsbedryf ná die bek-en-klouseer-uitbrekings tot ‘n verbod op veilings gelei het en die meer onlangse beperkings weens die COVID-19-inperkings het tot ‘n aansienlike styging in die gebruik van digitale platforms gelei.
 
Terwyl digitale veilings niks nuuts in die bedryf is nie, is rolspelers gedwing om na alternatiewe oplossings te kyk om die deursigtige prysvormingsaard van veilings te behou.

Volgens dr Cobus Oberholster van BKB het die onlangse gebeure daartoe gelei dat meer boere nou digitale veilings verkies.
Lees meer ...

Neigings in vleis-invoere

 
Altesaam 405 ton beesvleis is in Maart 2020 ingevoer, wat 84% minder is as wat die geval in Maart 2019 was, volgens Agri Inspec.
 
Die vry-aan-boord-prys vir Maart 2020 was R33.68 p/kg en vir Maart 2019 was dit R36.29 p/kg. Dit verteenwoordig ‘n toename van 7% in die prys per kilogram.

Die meeste invoere was van Argentinië (128 ton), terwyl lae verklarings van Australië en Nieu-Seeland geïdentifiseer is.
Lees meer ...

Neigings in die beesvleismark

 

Die vraag na beesvleis van restaurante het globaal drasties gedaal weens die impak van COVID-19, volgens ABSA Agri Trends.

 

Die sluitings en verlangsaming by die verwerkingsaanlegte in Amerika het ‘n ooraanbod van lewendige diere en ‘n tekort aan verwerkte diere tot gevolg gehad. Na verwagting sal die wisselvalligheid in die vleismark in die komende maande en weke voortduur.


Plaaslik word die mark oorheers deur onsekerheid. Pryse sal na verwagting op huidige vlakke of laer verhandel weens die beperkte vraag.

Lees meer ...

Perspektief


Hoe om te teel vir ‘n lae koolstofvoetspoor by beeste


Een manier om die koolstofvoetspoor te verminder is om beesgetalle te verminder en die produksie per dier te verhoog. Hoër produktiwiteit verminder die vrystel van kweekhuisgasse (KHG) per eenheid produk, sê kg vleis. Dus, afgesien van verbetering in produksiedoeltreffendheid en inkomste, kan ‘n mens ook die koolstofvoetspoor verbeter deur ‘n teeldoelwit van verhoogde produktiwiteit. Seleksie vir verskillende eienskappe kan egter produksie verhoog maar nie noodwendig produktiwiteit of doeltreffendheid van produksie nie. Derhalwe het in hierdie aanbieding die outeurs wat hieronder aangehaal word, verskillende opsies ondersoek en bespreek (1) seleksie vir ouer-nageslag doeltreffendheid en die hoofkomponente wat dit beïnvloed, (2) seleksie vir alternatiewe naspeense doeltreffendheidseienskappe en, (3) ander produksiestelsels  soos kruisteling.

Lees meer ...
Laai u elektroniese weergawe van die Rooivleistydskrif hier af
Share Share
Tweet Tweet
Forward Forward
Laai u PMF nuusbrief hier af ...

Junie 2020

Genomiese aangepaste diere: Is ons al daar?

 
Die moontlikheid van geneties aangepaste vleisbeeste is nader as ooit met die huidige vordering in tegnologie om gene aan te pas.
 
Waar staan die beesbedryf nou en hoe maak ons seker dat verbruikers en die omgewing veilig is soos wat die tegnologie meer wydverspreid voorkom?

Terwyl geneties aangepaste diere al meer van ‘n realiteit raak, duik vrae oor veiligheid, opspoorbaarheid, dierewelsyn en toesig oor die proses al meer in die wêreld se beesvleisproduksielande op.
Lees meer ...

Hartstudie ontmasker die vleis metaboliet-mite

A metaboliet wat verbind is aan diëte wat ryk aan rooivleis en yster is, is nie die hartaanval- en beroerte-sneller soos wat daar altyd gevrees is nie, het nuwe Australiese navorsing onthul.
 
‘N Navorsingstudie van die Hartinstituut in Sydney het bewys die wyd-gepubliseerde oortuiging dat trimethylamine-N-oxide of TMAO are verstop en katastrofiese hartprobleme soos hartaanvalle en beroertes veroorsaak, is verkeerd.

Volgens die wetenskaplikes is die metaboliet nie verantwoordelik vir die algemene aftakelende hart-toestande nie.
 
Lees meer ...

BitFarming wil vleisbedryf ‘n hupstoot gee


Die Suid-Afrikaanse maatskappy BitFarming wil die produksie van rooivleis verhoog deur nie-boere aan te moedig om digitaal in lewendehawe te belê.

BitFarming genereer aansienlike befondsing vir boere van investeerders wat in landbou wil belê maar nie die geleentheid het om dit direk te doen nie.
Lees meer ...

Boerdery en COVID-19: ‘n vergelyking van beheermaatreëls


Die huidige COVID-19 pandemie bied dalk ‘n geleentheid om ‘n vergelyking te tref met dieresiektes.


COVID-19 is ‘n hoogs aansteeklike siekte net soos baie dieresiektes – dink maar aan die onlangse uitbreek van bek-en klouseer in die noordooste van ons land. Handelsvennote in ons buurlande het onmiddellik ‘n verbod op die uitvoer van diere, dierprodukte en voer geplaas om te verhoed dat die siekte na hul lande versprei. Op soortgelyke wyse het sommige owerhede regoor die wêreld aanvanklik ‘n verbod op die beweging van mense vanaf hoogs geïnfekteerde COVID-19 lande geplaas omdat hulle die verspreiding van die virus na hulle lande gevrees het. Ongelukkig was dit nie doeltreffend nie aangesien mense by wie die siekte nog in die inkubasieperiode was, as “gesonde” mense in die lande toegelaat is.

Lees meer ...

Neigings in die skaapvleismark

 
Die koronavirus behoort nie ‘n beperkende invloed op die stewige lamsmark te hê nie, maar internasionale wolpryse behoort verder te daal voordat dit later in die jaar sal verstewig, volgens ABSA Agri Trends.
 
Dié neiging word verwag op grond van die aanname van ‘n afname in Amerikaanse en Chinese verbruikersentiment.

Plaaslik bly lam- en skaapvleispryse beperk weens die beskikbaarheid van goedkoper proteïen-alternatiewe en verswakte ekonomiewe aktiwiteit. Pryse sal na verwagting sywaarts tot hoër verhandel in lyn met seisoenale neigings.
 
Lees meer ...

Neigings in die huidemark

 
Daar is tans nie op plaaslike en internasionale vlak veel van ‘n mark vir huide nie, volgens ABSA Agri Trends.
 
Die stillstand in die plaaslike voertuigmark, waarvan die leer- en huidebedryf grootliks afhanklik is, het daartoe gelei dat byna geen verkope in Suid-Afrika plaasgevind het nie. ‘n Aansienlike persentasie van plaaslike huide sal in die komende weke nie deur die leerbedryf opgeneem word nie. Die plaaslike mark sal na verwagting onder groot druk bly.
 
Plaaslike huidemark
 
Die huidige gemiddelde huidprys het met 7.3% gedaal tot R0.82/kg vanaf R0.89/kg/groen. Die huidige prys is 11.1% laer as die gemiddelde prys van ‘n maand gelede en is 51.9% laer is wat die gemiddelde prys ‘n jaar gelede was.

 Ons epos adres is
Posbus 132
Persequor Park
0020


Ons webtuiste is:
www.rpo.co.za
 
Neem asseblief kennis hierdie e-pos is nie gemorspos nie. Dit is ’n nuusbrief van die RPO aan u, die gewaardeerde rooivleisprodusent 
kanselleer intekening | dateer u inligting op 

Copyright © 2016 Red Meat Producers Organisation, All rights reserved.






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Red Meat Producers Organisation · 318 The Hillside · Lynnwood · Pretoria, GP 0204 · South Africa